sam

Friday 12 June 2015

Steve Hofmeyr

 

Hierdie week is ek by Springs se AFRISAAMFEES. Daarna vlieg ek België toe vir die TREURGROND premiere daar. By Kinepolis in Hasselt, Antwerpen en dan Oostende. Ek vat jou saam as jy my volg op www.twitter.com/steve_hofmeyr
*
Ek land volgende Saterdag net betyds vir twee konserte by Vereeniging Barnyard. Dis ook my Vadersdag vertoning daar. Bring jou pappie smile emoticon - of ek's jou pappie...
*
Nelspruit se Vette Mossel was so 'n fantastiese voorreg. Dankie vir duisende wat opgedaag het (foto). Ek smul nog aan die spitvark wat ons uit Tupperware eet 3 dae later! Daar spring nou landwyd konserte op as teenvoeter vir die feeste wat my boikot. Dankie!
*
Op die foto stap Janine, ek en die seuns in die klowe by Watervalboven, by die vervalle ou oord van Elandskrans. Het ook die Krugerhuisie daarrond besoek. (foto's)
*
En kyk my mooie oranje, blanje, blou geskenk (foto) wat ek ook in Nelspruit ontvang het. Die woorde van Die Stem is daarop gegriffel. Trots. Trots. Trots.
*
Ek is diep geraak deur ID du Plessis se SOET IS DIE STRYD. Dis duidelik nie ons eerste keer dat ons hier is nie...:

"Jy sê nou die stryd is verlore.
Ons nasie te arm en klein.
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae sal verdwyn.
My broer dit mag heeltemaal waar wees
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees
Om weer hierdie droom te laat vaar.
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe,
Waarin ons onseker moet bly.
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is
Dis tog die probeerslag wat tel.
Nee, soet is die stryd vir die stryder
want hy het 'n roepstem gehoor
maar die man wat sy deelname weier
is die man wat sy nasie verloor"

No comments:

Post a Comment