Leah gesels oor haar eerste album
Leah is ’n nuwe vars stem in die Afrikaanse musiekbedryf. Haar eerste album, Wonderwerk, is onlangs uitgereik en nou is sy gereed om haar hart uit te sing, vertel sy aan SARIE.com.“Dit was ’n belewenis!” vertel Leah opgewonde oor die album waaraan sy vir byna twee jaar saam met Johan Vorster en Juan “Floors” Oosthuizen gewerk het. “[Wonderwerk] is ook die titel van die eerste liedjie op die album en op ’n persoonlike vlak, is dit my eie stukkie wonderwerk.”
Ons het vir Leah as juf. Elize de Bruin in die Afrikaanse fliek As jy sing leer ken waarin sy teenoor Bobby van Jaarsveld gespeel het.

SKERMGREEP uit As jy sing
Leah, wat nou besig is om vir haarself groot naam te maak, is ook ’n slimkop. Sy spog nie net met sang-, toneel- én danstalent nie, sy het ook ’n BCom(Regte)-graad agter haar naam.
Maar haar groot droom is nou bewaarheid met Wonderwerk.
Ek wil hê dat mense met my musiek moet identifiseer, dat dit mense sal aanraak en die heel belangrikste, dat hulle dit sal geniet.
- Leah
“Ek wil soveel moontlik optree en vir die mense daar buite sing!” vertel Leah.- FOTO: Spheratical Productions
- FOTO: Spheratical Productions
Haar eerste musiekvideo van haar treffer “Met jou klere aan” is ook nou bekend gestel (klik HIER) en sy is baie opgewonde daaroor: “Dit moet mense bietjie laat wonder oor wat die lekkerste ding is wat jy met klere áán kan doen,” skerts sy.
Sy het dié foto op haar Instagram-blad gedeel toe sy haar album vir die eerste keer in die winkels sien.
No comments:
Post a Comment