sam

Thursday 4 June 2015

Afrikaans is Groot

DRIE TEMPO TOEKENNING NOMINASIES VIR KARLIEN VAN JAARSVELD
Karlien van Jaarsveld beskryf die gevoel om vir drie Huisgenoot Tempo Toekennings benoem te word as eenvoudig ongelooflik. Haar dankbaarheid vir die erkenning spreek vanself, maar Karlien is baie beskeie oor die eer en sê dat dit te danke is aan al haar ondersteuners dat sy tans die kruin van die gewildheidsgolf ry.
Die benoemings volg op die nuus dat haar nuwe CD, “My Hartjie,” binne net 7 dae goue verkoopstatus bereik het, en dat die titelsnit die nommer 1 posisie op verskeie radiostasies se trefferslyste behaal het. Karlien het benoemings ontvang in die volgende kategorieë: Pop Album van die Jaar (vir “My Hartjie”), Liedjie van die Jaar (ook vir “My Hartjie”) en Musiekvideo van die Jaar (vir “Ek wil nie kwaad gaan slaap nie.”)
Aanhangers kan 20 keer stem vir Karlien per kategorie en staan selfs die kans om ‘n splinternuwe motor te wen wanneer die stemproses teen 3 Junie sluit.
Om stemme uit te bring vir Karlien, SMS die volgende kodes na 32113:
Pop Album van die Jaar: TEMD3 gevolg deur jou naam en van
Musiekvideo van die Jaar: TEME4 gevolg deur jou naam en van
Liedjie van die Jaar: TEMF6 gevolg deur jou naam en van

Aanhangers wat die kans wil staan om vir die groot prys in aanmerking te kom, moet egter seker maak dat hulle stemme uitbring in elkeen van die 19 kategorieë. Die toekenningsaand vind plaas op die 9de Junie.
Vir meer inligting en gereelde nuus oor Karlien, volg haar op twitter: @KarlienVanJ

No comments:

Post a Comment