sam

Tuesday 9 June 2015

AFRIKAANS IS GROOT is terug en dis groter as ooit!



Kaartjies hiervoor is beskikbaar by www.pnptickets.co.za
Die lang gewag is verby en ons is terug met jou gunsteling kunstenaars, jou gunsteling Afrikaanse treffers, en dit om die die draai van jou huis.
AFRIKAANS IS GROOT sal weereens die taal laat gons wanneer dit op 14, 15, 18, 19, 20 21 en 22 November 2014 aangebied word in Pretoria se Moreleta Park Ouditorium. Kaapstad-optredes vir vanjaar is 28 en 29 November 2014 in Grand West Casino se Grand Arena.
Pick n Pay tree vir die derde agtereenvolgende jaar op as hoofborg van die projek en ons jou gunsteling versekeringsinstansie Virseker is ook vanaf vanjaar aanboord as trotse mede-borg.
Die goeie nuus is dat al jou musiek-ikone weer op die verhoog is: Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Jay, Lianie May, Jak de Priester, Robbie Wessels, Jannie Moolman, Karlien van Jaarsveld, Arno Jordaan, EDEN, Dewald Wasserfall en Corlea Botha. En dis beslis nie al nie want 2014 se konserte het heelwat verrassings wat jou staande en gaande gaan he.
Vanjaar sal die Afrikaans is Groot-konserte deur sowat 85 000 mense bygewoon word. Alhoewel kaartjies binne ‘n dag uitverkoop het vir Pretoria, is daar nog sitplekke beskikbaar vir Kaapstad-optredes en laatslapers moet wikkel om te verseker dat hul sal deel in al die pret, plesier en opwinding van die grootste Afrikaanse konsert in SA.

No comments:

Post a Comment