sam

Friday, 12 June 2015

Boer - Louis Fivaz

Lianie May

Time to win some Cowboy boots Westernboots SA !!! Yeah !!!
Send your name surname,
contact number,
Photo of you WITH your Westernboots
and the code of Westernboots that was purchased.
Competition closes 28 June 2015
Send it to: info@westernbootssa.com

Lianie May deel haar skoonheidswenke


Aanhangers kan weereens daarna uitsien om Lianie May later vanjaar op die Afrikaans is Groot verhoog te sien. Ons het bietjie met haar gaan gesels oor mode, die belangrikheid van velsorg en haar liefde vir Pretoria.
Sy sing verhoë regoor die land aan die brand en haar albums verkoop soos soetkoek. Boonop kan aanhangers weereens daarna uitsien om Lianie May later vanjaar op die Afrikaans is Groot verhoog te sien. Ons het bietjie met Lianie gaan gesels oor mode, die belangrikheid van velsorg en haar liefde vir Pretoria.
Behalwe vir cowboy-bootse. Wat is drie moet-hê items wat elke vrou in haar kas moet hê hierdie winter?
Beslis jou lekkerste warm baadjie of trui, wat jy gereeld met gemak oral en saam met elke jean in jou kas kan dra. Dan natuurlik handskoene en ‘n serp as jy uitgaan.

Wat is jou skoonheids geheim?
Ek glo maar in die basiese stappe: reinig jou vel, dra altyd vogroom en son beskerming, eet reg, dring genoeg water, neem jou multi-vitamines en kry genoeg oefening. Vars lug is natuurlik ook baie belangrik.

In jou musiekvideos spog jy altyd met ‘n welige haredos. Verkies jy ‘n langer of korter haarstyl?
Die langer hare is maar nog altyd deel van my en ek mis dit baie, maar die korter hare is weer lekker koel in die somer. Die korter hare is ‘n nuwe styl maar ek is besig om my hare weer te laat groei.

Enige wenke vir die versorging van hare?
Goeie produkte en die regte produkte vir jou hare is baie belangrik. Kies ook ‘n goeie salon en laat jou punte gereeld sny. Ek gebruik Gary Rom haarprodukte – hul salon haarmasker is brilliant vir droë hare en ek is baie bevoorreg om die salon as borg te hê.

Ons weet jy is ‘n Pretorianer maar waar is jou gunsteling plek om op te tree in Pretoria?
Enige plek in Pretoria!
Pretoria is die droom ‘dorp’ se liggies wat ek as klein dogtertjie op die plaas in die verte gesien het. Dit is ook die plek waar ek later sou kom bly. Wat ‘n voorreg om vir die stad se verjaardag op Kerkplein by die Paul Kruger standbeeld te kon sing en die jare daarna by die Voortrekker Monument vanwaar jy na die Monument en Pretoria kan staar terwyl jy sing … Pretoria was nog altyd my huis!

* Lianie May is later vanjaar op die Afrikaans is Groot verhoog te sien en aanhangers kan hul regmaak vir ‘n vertoning soos nog nooit tevore. Die wat nog kaartjies wil bekom sal op 25 Junie moet gou spring. Die onbetaalde kaartjies vir ‪#‎AIG2015 word op 25 Junie om 10:00 weer beskikbaar gestel by http://t.co/HTrrTCuNdM.
Lianie33_576288900

SUPERHERO SONG AS JY SING

JY JY JY AS JY SING

Bobby van Jaarsveld - Een Vir Een

Steve Hofmeyr

 

Hierdie week is ek by Springs se AFRISAAMFEES. Daarna vlieg ek België toe vir die TREURGROND premiere daar. By Kinepolis in Hasselt, Antwerpen en dan Oostende. Ek vat jou saam as jy my volg op www.twitter.com/steve_hofmeyr
*
Ek land volgende Saterdag net betyds vir twee konserte by Vereeniging Barnyard. Dis ook my Vadersdag vertoning daar. Bring jou pappie smile emoticon - of ek's jou pappie...
*
Nelspruit se Vette Mossel was so 'n fantastiese voorreg. Dankie vir duisende wat opgedaag het (foto). Ek smul nog aan die spitvark wat ons uit Tupperware eet 3 dae later! Daar spring nou landwyd konserte op as teenvoeter vir die feeste wat my boikot. Dankie!
*
Op die foto stap Janine, ek en die seuns in die klowe by Watervalboven, by die vervalle ou oord van Elandskrans. Het ook die Krugerhuisie daarrond besoek. (foto's)
*
En kyk my mooie oranje, blanje, blou geskenk (foto) wat ek ook in Nelspruit ontvang het. Die woorde van Die Stem is daarop gegriffel. Trots. Trots. Trots.
*
Ek is diep geraak deur ID du Plessis se SOET IS DIE STRYD. Dis duidelik nie ons eerste keer dat ons hier is nie...:

"Jy sê nou die stryd is verlore.
Ons nasie te arm en klein.
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae sal verdwyn.
My broer dit mag heeltemaal waar wees
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees
Om weer hierdie droom te laat vaar.
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe,
Waarin ons onseker moet bly.
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is
Dis tog die probeerslag wat tel.
Nee, soet is die stryd vir die stryder
want hy het 'n roepstem gehoor
maar die man wat sy deelname weier
is die man wat sy nasie verloor"